Welkom

Welkom by Tale & Verhale. Aanvanklik was hierdie blog ‘n platform waarop ek my nostalgie kon deel. As eerstejaarstudent wat in ‘n vreemde, afgesonderde dorpie moes aanpas, was hierdie blog my tuiste. Ek lees nou graag van my eerste inskrywings met ‘n klein glimlaggie: uiteindelik het alles ook OK uitgedraai.

In my tweede- en derdejaar het ek beslis deur ‘n soort aktivis-periode gegaan. My studies het my blootgestel aan feminisme en postkolonialisme (waarop ek nog steeds versot is). Van daar dan ook die feministiese praatjies en die hoop om die wêreld te verander.

Uiteindelik het my studies die oorhand gewen, en het ek ook besef dat die wêreld te groot is vir een klein student om te verander. Daarom ook die minder inskrywings vanaf 2017. Ek skryf nog. Minder kreatief, miskien, en beslis met minder heimwee en woede. Tog behou ek die ou inskrywings ter herinnering en “ter vereering” van wie ek was. Ek hoop jy lees lekker saam.

Delia

 

Advertisements