Psalm 8


Ver van alles en niks af; ver verby die groen ewige velde en die blou horison, aan die agterkant van die bloedige son, netjies aan die voet van ‘n berg, daar staan ek.

Kraaie skreeu deur die lug. Uile sit hoog in bome en gluur my met geel oë aan. Mense stamp verby my. Die wind waai woes en die wêreld draai.

Ek is tog nie eensaam nie. Al is ek alleen. Want êrens binne my, in die binneste van my denke, knaag iets aan my wete. Ek onthou weer my oupa se Griekwapsalms.

Psalm 8:

Jirre, dasie ‘n lantie so ver of woes geleë,

sos die sandland wat U nou vir my kom gjee,

want selfs in hierie droë annerlikeit

groei die gemsbokkomkommer van U se heerlikeit.

Die wind gaan lê. Mense glimlag saggies as hulle verby stap. Die uile verdwyn soos die son wakker word. Voor my kom sit ‘n Kwikkie en herinner my aan ‘n vriendin se geselskap. Iemand kom fluister vir my hart:

Psalm 24

Die aarde, my broerse, die is die Jirre s’n.

 

En die wêreld en alles daar in was soos dit moes wees.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s