Relatiwiteit en gelukkig het ons geluk


As mens matriek begin is die toekoms permanent in jou denke. Eintlik deur die loop van jou hele skoolloopbaan. Jy leer hard sodat jy eendag in ‘n goeie universiteit kan inkom. Dan leer jy nog harder sodat jy eendag ‘n goeie werk kan hê. Jy maak asof jy jouself vind êrens langs die pad.

Ek het besluit om Rhodes toe te kom. Dis die beste plek om joernalistiek te swot. Dis wat ‘hulle’ sê. Alles het hiernatoe gewys. Ek het geweet, hier is die plek waar ek myself gaan vind, God gaan vind, geluk sal vind.

Daar is net een probleem. Jy kruip nie vir jouself weg nie. God kruip nie agter ‘n bos weg om jou enige oomblik te verras nie. Jy gaan nie pertoefal ‘n klippie geluk eendag optel en besef… nou is ek in ‘n ‘state’ van geluk nie.

Dit wat ek gedink het Rhodes gaan wees- dit is dit nie. Maar daar is wel ‘n rede hoekom ek in hierdie kleine dorpie is. By hierdie universiteit swot en besef… ek haat die berperkte skryf styl van joernalistiek. Ek het net vandag om gelukkig te wees. Ek mors my tyd om te dink ek kan nou hard werk sodat ek later gelukkig kan wees.

Die lewe is relatief my kind. Breytenbach skryf: “en in jou knabbel jou karkas reeds.”

Ek is nie hier geplaas om Grahamstad een of ander evangeliese les te leer nie, en Grahamstad is nie hier om my ‘n les te leer nie. Ek is net eenvoudig besig om groot te word en te besef: ek gaan nooit geluk vind nie. Ek is die geluk. In my en om my is God. Ek is permanent hier. Gaan daar waar jy inpas en gemaklik voel omdat jy weet wie jy is. Moet nooit gaan omdat jy dink jy gaan iets beter vind nie.

Gaan omdat jy weet wie jy is, wie God is en weet jy kan enige plek, enige tyd eenvoudig net gelukkig wees.

 

Advertisements

One thought on “Relatiwiteit en gelukkig het ons geluk

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s