Month: July 2014

Verklaar vir my…

Ek pak ‘n nuwe uitdaging aan… om elke week een of ander iets neer te krabbel met DIE WOORD VAN DIE DAG.

Haai, voel jy nie nou weer die peinsende nostalgie van Afrikaanse hoërskool periodes nie?

In iedere geval, hier volg die woord, so gaaf geborg deur Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek, sonder dat hulle dit weet.

Knirp, ge-. ‘n Skril, knersende geluid maak, tjirp.”

 

BV.

Grahamstad het ontdooi na die nag se gespuis gaan slaap het,

Die son reflekteer suutjies sy lig op die verlore straat-lêende bottel wyn

 

en die windjie knirp deur die tonneltjie strate.

 

Êrens kruip studente terug in die bed

met ‘n tjirpende kopseer van babbelas en verlate.

 

Maar natuurlik is daar baie ander voorbeelde wat veel beter is, soos die geknirp van ‘n wiskunde onderwyser, of die geknirp van ‘n moedelose ma,

Maar so waar! Hierdie was vir my nou heel toepaslik op vandag.

 

Lekker knirp.

 

 

 

 

Oos, Wes, Tuis… bes?

Hierdie is so ‘n oordrewe clichè, ek koes selfs vir die gedagte van dit.

Groot word is moeilik.

Ek soek vir ‘n woonstel, in Stellenbosch, by die een Universiteit wat ek nie by aansoek gedoen het nie. Die tragiese storie is die pryse wat veel goedkoper is in Grahamstad, by die een Universiteit wat ek van vroeg af besluit het om by aan te sluit. Groot fout.

Of was dit?

Wat okal.

Die volgende probleem is natuurlik meubels. ‘n Woonstel self is heel nutteloos sonder al die wonderlike meubels waarmee ek dit wil versier. Dit is hier waar ek besef het, ek het niks nie. Alles is my ouers s’n.

Ek hou ook nie van die algehele slegte ekonomie van Suid Afrika nie. Die staal-staak help ook natuurlik baie in daai geval, omdat my pa ‘n ingeneur is. En die goewerment doen ook hulle werk en werk vir die mense, nie teen hulle nie.

‘n Paar jaar terug was ek die persoonifikasie vir die Afrikaanse-idioom: uit die mond van die suigeling.

Ek was 9, met ‘n pop op my heup, selfoon op die oor, hard aan die gesels met ‘n denkbeeldige vriendin oor die sake van die land en hoe my denkbeeldige man sukkel met werk. Natuurlik het die nuwe baby nie veel gehelp met omkostes nie (daardie tyd was dit nog modderkoekies en blare vir aandete).

10 jaar later.

Daar is net nog nie ‘n nuwe baby nie. Waarvoor ek, lyk dit vir my, ‘n prys behoort te verdien in vergelyking met vandag se (cringe) kinders,

Ook nie ‘n man nie, daar is nooit een nie. Nie dat my man ‘n goeie werk in hierdie wonderlike land sou kon kry nie.

Die punt van hierdie uiterste negatiewe blog-post is die volgende:

Ek is bang. Want vir eens in my lewe word niks op ‘n goue bord vir my gegee nie. (Ja goud is kitch, maar… nie die punt nie.)

Op ander minder belangrike punte, is ek amper negentien en ek voel heeltemal te bewus van ekonomiese toestande en slegte goewermente en (ek weet nie of ek hierdie mag sê nie) slegte presidente.

Studente lewe is nie alles maanskyn en roosblare nie. Genade selfs my taal is ouderwets.

Maar, omdat ek altyd sal lief bly vir my ongelooflike beeldskone land, en omdat ek weet my God sal voorsien.

My kraan het nog water, my elektrisiteit is nog aan die gang. En die internet werk ook net hard genoeg sodat ek ‘n positiewe, lekker skop liedjie kon post.

Volgende op die blog is ‘n lietjie van Edward Sharpe and the Magnetic Zeros met die heel gepaste titel: Home