Heer-like lente


Sprokie-agtig,

Towerkuns,

Sagte baba-voetjie blomme wat soos satyn hang van bome

af met ‘n avontuurlustige wurmpie wat skelm syl met sy lewensdraadjie

tot veilig op die grond.

Geland.

 

‘n Bedompige 26-grade,

‘n kielie-windjie wat wit winter bene afkoel onder die son se glimlag.

Lisa se klavier speel deur die bome en

die hele wêreld word still.

 

Voëltjies roep-roep en Tannie kerk-koor kry hoendervleis op die deurbraak van hoë note.

Die diep hemel weerkaats suiwer

eenvoud op wit skoenlapper vlerke wat uit papies uit bloei.

Die skadu’s dans om die boom.

En alles is,

 

Sprokie-agtig,

Towerkuns,

Die lente het geland.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s

WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: