Stuur groete aan my kinderdae


Tyd het al eeue se oefening in. Tyd het al die vaardigheid van opkruip bemeester.

Eendag is jy ‘n klein dogtertjie wat grootoog sit en kyk vir tieners in die hoop dat jy ook so mooi sal wees. Die volgende dag tik jy ‘n huldeblyk aan jou lewe- vir dit wat jy geword het: ‘n groter dogtertjie wat grootoog kyk vir vrouens in die hoop dat jy ook so mooi sal wees.

Maar vandag tik ek graag ‘n huldeblyk aan Verna Vels.

Ek kyk liewe heksie episodes en vind die spot-huil geluide van my ma in die eerste hoofstuk. Die simplistiese prente van klei en verf met die basiese lewenslesse opgesom in nege minute en vyf-en-twintig sekondes.

Tannie het die slapenstyd stories geskryf. Ure van dierbare tyd aan ouers en kinders geskenk. ‘n Klasieke liedjie geskep wat vasgesteek in my geheue sal bly- wat ek ook eendag vir my kinders sal sing.

Ek was geleer dat ek nie ‘n lui katjie moet wees nie, dat vriendlikheid altyd beloon word, om die beste te maak van ‘n afgewaaide dak- en dit net in die eerste episode.

soet rus Tannie Verna, stuur groete aan my kinderdae.

Advertisements

2 thoughts on “Stuur groete aan my kinderdae

  1. Terwyl ek die stuk lees hoor ek Verna Vels se stem: Haai Blommie,….
    Ek het ook altyd Liewe Heksie voorgelees op n Vrydag vir my std 1 klas. Ons het nooit vergeet om die week af te sluit met Liewe Heksie, Blommie, Karel Kat, Gif Appeltjies ooo amper vergeet ek konng Rosekrans. Dis te lekker herinneringe

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s