Ontmoeting van Elisabeth Eybers poësie.


In eer van die liefde seisoen wat lente bring, wil ek graag ‘n huldeblyk aan Elisabeth Eybers se gedigte bring. Ek moet vir volgende week ‘n opstel skryf oor een van dié digter se gedigte. Ek het dadelik verlief geraak op die vers van Maria. Die eerlikheid van vrou wees en realistiese illustrasie wat die romantiese perspektief oor Jesus se geboorte en Maria as heilige verberg het vir een of ander rede met my siel gepraat.

Miskien was dit omdat Eybers maar net 19 was- iets wat ek deel met die gedig se kunstenaar. Miskien was dit omdat sy in haar jeug dae sulke besonderse gedigte kon skryf- iets wat ek nie deel nie.

Ek plaas hier vir jou “Maria”.. raak gerus verlore in die verse.

Maria

‘n Engel het dit self gebring,
die vreude-boodskap – en jy het
‘n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink, eenmaal sou hý
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langs
Jou liggaam stryk … die stilte instaar …
wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hý sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen
om in jou nood by jou te staan –
het jy geweet dat hý alléén
Getsemane sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon,
wis jy hoe die soldate hom
as koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
Sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was: Ek het dors?

Toe dit verby was en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan –
Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan?

Hier volg die gedig ‘Die ontmoeting’. Nog nooit tevore het ek so akkurate beskrywing van suiwer-liefde in die digkuns-wêreld gevind nie. Daar is wel ‘n ondertoon van tragedie. Hierdie toon versterk die realiteit, die eerlikheid wat so baie kere in Liefde plaasvind.

Die ontmoeting

Ek wou al wat ek het vir jou bewaar:
die jonkheid van my lyf, ’n hart wat bly
en sterk is en gelate om te ly,
en oë wat weifelloos en helder staar.
Deur al die jare was ek wys en vroom
in stil afwagting, en jy was nie ver,
want bo ons hoofde was dieselfde ster
en in ons harte was dieselfde droom.
Ek het alreeds die gretigheid geweet
van jou gelaat, en dikwels het ek jou stem
gehoor met ligte aarseling en klem…
Toe was dit dat opeens die sagte kreet
van welkom klankloos bly: met ’n gebaar
van vae onsteltenis staan ons voor mekaar.
Geniet die vrolike lente soos die groenigheid van die bome se kalmte deur jou waai en die hoop van geel blommetjies jou inspireer.
Advertisements

One thought on “Ontmoeting van Elisabeth Eybers poësie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s