My Pa is in Credence en Theuns Jordaan

My Pa het nog altyd ‘n lekker groove gehad. As Moeder kos kook, na ‘n een-te-veel gin en tonic, dans ek en my Pa al te lekker op Credence Clearwater Revival al om die etenstafel. Hy het my sekerlik geleer sokkie en langarm dans sonder dat hy dit eens besef het.

Verskrik dink ek terug toe ek om-en-by vyf-jaar oud was. Suutjies staan ek op my Pa se tone en dans ons voor die verwarmer op winteraande.  ‘n Paar jaar later was ons by vriende se troue en die infamous hoender liedjie het begin kletter deur die luidspreker. Saam-saam het ons deur al die lawwe toertjies gegaan: ons klap ons hande en arms al asof ons mal hoenders is.

Dan is daar ook ou Theunsie. Watter Afrikaanse huis ken hom dan nou nie? Sondae aande as Moeder moeg gekook is, en almal om die kombuistafel staan vir kaas roosterbroodjies dan is dit Theuns Jordaan se diepe stem wat deur die huis trek en ‘n nostalgiese einde bring tot die week.

Dis so moeilik om vir ‘n man presente te koop- gewoonlik is ‘n CD die vinnige, goedkoopste uitweg. Dít is seker die rede hoekom Pappa 3 van die selfde Theuns Jordaan CD’s in sy rakkie het- net skuins agter Simon and Garfunkle. Ja nee kyk, die ou man het ook ‘n musiek smaak wat skrik vir niks.

Hierdie ene is vir jou en jou hande, Paps.

Die hande van jou wat so hard kan werk. Grof en gevlek deur jare se motorfiets-olie. Wat saam gevou ‘n tafelgebed opsê al is die familielede ietwat tipsy.

Die man wat so ‘n goeie voorbeeld vir ons is. Wie my geleer het van mans wat respek moet hê vir prinsessies. Natuurlik ook my moet kom haal by die huis en vir my betaal (al is dit hoe ongerieflik vir die kêrel).

Soos bloed, so is jy vir my 😉

 

Advertisements

Daisies en Dandelions

 

Dit is nie alles maanskyn en Madeliefies nie, maar dit behoort te wees.

Daar is iets besonders aan die eenvoud van ‘n somersaand op die strand terwyl die maanlig so satynagtig straal oor die rustelose golwe. Dit is werklik asof ‘n etlike brokkie lig van reg uit die hemel eindelik deur die nag se kombers breek.

 

IMG_1132
Maanskyn skadu’s

Vol van maansiekte wens mens hopeloos op ‘n Perdeblom wat van self deur die wind weggewaai word op iemand wat jou middernagson sal wees. Daardie een wie jou nag sal verhelder met ‘n glimlag van ‘n Madeliefie. Of jou oë sal laat skitter vol van hartsverlange wanneer dit weer dag word.

Soos die branders teen die rotse klop en langsamerhand die hardkoppigheid afbreek, omhels die reuk van sout en humiditeit my longe tot op die brink van bars.

Ek luister na die nag se stilte en voel die liefde wat van ver af kom om my te omhels. ‘n Gedagte skiet deur my kop dat hierdie liefde miskien net ‘n fantasie is. Die sekelmaan sak in die stille oseaan in en skelm kruip ‘n benoudheid my van buite af in- “is hy dan ook só lief vir my?”

‘n Droom wêreld vou oop voor my en ek sien die flitse van ‘n lewe sonder hom. Meteens besef ek dat dié onsekerheid bloot van ‘n wantrou ontstaan. Films verkleur dikwels die paadjie van liefde en ontneem ons van die vermoë om te glo dat ons goed genoeg is vir ‘n feë-verhaal.

Van agter af omhels die nag se asem my- hy is my huis. Met hom is die lewe vol van maanskyn en Madeliefies. Sonder hom is die oseaan ‘n donker put van pekelwater wat geen mistieke towerkrag rond klots nie. Nee.

‘n Lewe sonder hom is soos ‘n skulp sonder perlemoen en ‘n oester sonder ‘n pêrel- dood eenvoudig “net”.

Hy is my nagkers. My middernagson. My Jakaranda boom in Oktober.

 

 

Mid’dernagson

S.nw

(Die son wat dag en nag skyn in die Poolstreke)

Maan’siekte

S.nw

(Soort senusiekte wat met die maansveranderinge skyn saam te hang en gekenmerk word deur toevalle en slaapwandel, hallusinasie en aanvalle van waansin)

Madeliefies

S.nw

(Veldblommetjie)

The vagabond rip tide of Beirut

Zack Condon’s baritone moan floats above the ambient synth-organ with half-mumbled phrases of loneliness and reconciliation. Reminiscent of ages where marching bands orchestrated gentlemen singing a Capella, Beirut transports listeners to pastoral simplicity.

Beirut was the original project of Condon, who played the trumpet in a jazz band as a teenager. After the singer completed his travels to Europe, he began recording much of the first album, Gulag Orkestar, in a dorm room of the University of New Mexico. Beirut developed into a vagabond band where members could come and go and contribute as they like. Much of the live performances consist of Ben Lanz, Kyle Resnick, Paul Collins, Nick Petree and Perrin Cloutier. Despite having a constant ebb and flow of contributors, the band’s music offers little variation.

The first song in The Rip Tide uses the aesthetic combination of trumpet, accordion, violin and baritone sax. Condon’s dark wooded voice accompanies the orchestra singing of flames burning out and homes that no longer are in “A Candle’s Fire”.

Much like the song “The Peacock”, Beirut pulls together complimentary hues of world music and indie-rock in their plumage. The Rip Tide has been labelled for the band’s final discovery of style, but in Condon’s own words, it is really just about “flirtation and stuff”. The singer does state that this album was particularly simpler, an aim at escaping “the forced complexities… of a young boy standing on tiptoes to try and seem sophisticated.”

Nothing about their music is simplistic. Melancholic? The ensemble of instruments demands it so. Beirut’s melancholy carries the quality of wine. Condon’s voice is either a deep red oak every pretentious hipster desires, or the maudlin Rosé accompanying romantic movies with the girls. Despite providing the perfect atmosphere for drinking cognac and smoking pipe, The Rip Tide’s selection reminds one of a stumbled lover desperate to describe his feelings over the period of nine songs. Unfortunately, listeners are left dazed as to what Condon was trying to say by the end of the rather false note in “Port of Call”.

The Rip Tide’s musical quality has certainly developed, if not mastered, the instrumental collaboration. The folk-electronica, baroque pop leaves listeners in awe of the talent seeping out of each instrument used on stage- and there are many. Then again, the band has been practicing over the course of four albums. If you are a fan of repetitive maudlin, their 2011 album is not to be blown out like their flame.

Volmaan melktert soentjies

Melktert is een van daardie geheimsinnige resepte wat elke Afrikaanse mamma wegsteek.

Sondae middae, na die boep ‘n bietjie gedut het, verander die kombuis in ‘n warm gebakte, kaneel-ruikende kuier plek. Almal kruip uit hulle kamers uit en neem ‘n plekkie in by die kombuistafel. Tee is reggesit met elegante vurkies op sirkel bordjies. Voor jou verskyn ‘n wonderwerk- ‘n melktert.

Dié Afrikaner nagereg is vol en vroom. Soos ‘n soen plak dit teen jou lippe vas en jy vat vinnig nog ‘n happie voor die spesery-geur verdwyn. Die gladde tekstuur baljaar in jou mond en sus jou eet-lus tot ruste… nou kan sondae mane maar voortgaan met hulle wenteling, want jou mond het klaar sy volmaan geproe.

Hier is ‘n Melktert vir jou op ‘n Dinsdag, want die week vat te lank.

As jy enige lekker resepte het van Melktert, deel dit in die Kommentaar.

Verklaar vir my ‘liefde’

Gebore en getoë in Afrikaans het ek van kleins af ‘n magiese droom oor liefde. Nie net enige liefde nie, Afrikaanse liefde.

In die dorpie van Afrikaans was ek geleer oor Bybelse wette. Konkrete definisies oor liefde was geskrewe op tablette teen mure en slapenstydverhale van liefde was vertel sodat ons soet drome kon hê. Grootgemaak in ‘n plek vol van liefde moes ek eindelik trek na dié stad toe. Die stad wat met elke opkoms of sak van die son in rooi brand; skerp vlikker van die laaste strale teen die blou lug. Geel blomme van geluk wat toe vou soos die maan stadig begin draai.

Elke nou en dan trap ek die heuwels uit met ‘n kamera, ‘n joernaal en Laurika lirieke. Bo-op die heuwel sink ‘n kanon halfweg in die grond in. Die holte van die kanon koekeloer oor die halfgeboude klipmuurtjie na die vaal blonde veld. Bo kyk ‘n kraai afgunstig rond na die kriewelende aarde.

Stil begin die eerste vonke van die son te skiet en ek begin te skryf:’n brief aan die God van liefde. Ek vra nie vir die son as hy die nag verdun nie, ook nie die  eerste reën druppels nie. Hý hoef nie die vonkelvloei van watervloei te wees nie- wees maar net die hoop van my vrees.

Ek wag geduldig daar op die heuwel se steenmuurtjie. ‘n Geelbors voëltjie kom fluister ‘n vriendelike deuntjie en spring kap-kap-kap op die rand al tergend nader. Die wind liefkoos my in onskuld. Ek kyk toe op die brandende dorp se liggies na die doenige lewens van oorskiet mense.

En ek vergewe. Ek vergewe die son vir al die skroeiende dae sonder genade. Ek vergewe die koue liggies wat eensaam brand in klein huisies. Ek vergewe die wêreld se mense wat nie die liefde weerspieël wat ek in Afrikaans geleer het nie.

Ek neem ‘n kiekie- ‘n herinnering aan tye waar liefde nie voorgekom het soos in slapenstydverhale nie. Ek laat die lug my ‘n koue soen gee- ‘n afsien geskenk. Die vliegtuig grom en ek vertrek na die lente van Afrikaans. Stil soos ‘n veer landseer ons. Oorweldig deur die droogte van die besoedeling omvou die dorp se hitte my, koester my, hou my tuis.

WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: