Van vrou word en wees


Meeste van ons was al daardeur. Daardie eerste, vreesaanjaende… bordjie kos wat jy self  moes maak. Inderdaad, self!

Vanaand, toe ek so oor die kospotte spook en die gebrande pan skrop het ek mooi nagedink aan die simboliek agter hierdie nie-mamma-se macaroni en mince.

Skillet Cheesy Chili Mac

Ek het eers die plaat, so klein soos wat hy is in my “tuinwoonstel” se “tuinwoonstel-grote stoof,” aangesit. Toe het ek die pot en die water tot kookpunt gebring en eindelik die koppie (te veel vir een) macaroni ingegooi. Toe dié amper gaar was het ek die uie en knoffel in ‘n bietjie olie gebraai en my mince by gesit. Net-net het dit begin grys word, toe gooi ek ‘n bietjie tamatiesous en water by. Hmm, al te smaaklik.

Laat ek julle ‘n geheim vertel, ek het élke díng nes my Ma gedoen. Elke aand het ek haar aangegaap terwyl sy die potte laat kook, die kaas rasper, die mince in warm water ontdooi- die ware Jamie Oliver van Afrikaanse tannies. Maar hiérdié dis van mý het een bítter smaak agtergelaat.

Nee dit was nie die uie wat ek dalk te lank gelos het nie. Ook nie die hoop vetterige skottelgoed in die wasbak nie. Nee…dit was doodeenvoudig die werklikheid van grootword.

Dit is soos daardie aaklige skok wat mens kry as jy eendag in die bad lê en besef… daardie sexy, curvy bene wat jy as dogtertjie begeer het, lê nou styf hier om jou gepak en verhoed enige beweging buiten dril.

Net enkele jare terug het ek gedroom oor die vroue-lyf wat ek eendag rond sal swaai. Met elke draai ‘n ander roosgeur wat my ontsnap en almal se dag opkikker. Maar hier staan ek dan, duidelik in ‘n vroue-lyf, met hulp van ‘n parfuum is daar selfs so bietjie roos êrens in ‘n holtetjie.

En nou wens ek só vir die dae waar ek mý dogtertjie leer oor geheime kostruuks- maar in ‘n oogwink sal ek oor die skottelgoed staan wat eweskielik vermeerder het met 4 borde en terugdink aan my studente dae waar ek self die dinge moes ontdek.

Binnekort sal ek weet hoe om te vat sodat ek die kosblik blitsvinnig aanmekaar kan slaan. Ek sal onthou om die vleis uit die vrieskas uit te haal, die geyser aan te sit, die verdomde asblik uit te gooi en miere vroegtydig dood te maak. Ek sal die Sarie lees, RSG sal Laurika Rauch CD’s vervang en fiks wees sal ‘n uitsondering word.

Al hierdie dinge sal ek in my boekie kan opskryf, net ná opgestopte bene en melk koop by die garage.

Ek is geen feminis nie. Maar my magtag, môreaand drink ek wel ‘n glasie wyn op vrouwees. Hier is ook een van daardie diep gedigte.

      Antjie Krog

   ek staan op ‘n moerse rots

ek staan op ‘n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete ‘n koperklepgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop:
ek is
ek is
die here hoor my
‘n vry fokken vrou

Advertisements

3 thoughts on “Van vrou word en wees

  1. O toggie-toggie! Ek sien die hele prentjie duidelik omdat elkeen maar daardie op sy/haar eie bly ervaar of ervaar het. Die riglyne van n moeder is darem gelukkig iets wat mens nie sommer vergeet nie. So toetsende en proberende kom n mens gelukkig tog ook reg.( Ek weet ek moenie sommer my eie blog adverteer hier nie. Ek doen n “uitdaging” reeks wat elke Donderdag n nuwe onderwerp gee vir die week. Jy stel nie dalk belang om deel te neem nie? Dit gaan spesifiek oor skryf in Afrikaans. Loer hier; https://scrapydo2.wordpress.com/2015/01/29/toeka-tokkel-6-telefoon-2/ )

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s