Pannekoek weer op ‘n Saterdag


Ek het nog nie uit my bed uitgeklim vandag nie, behalwe toe ek koffie gaan maak het en ‘n stukkie koek bed toe gedra het.

Take, Oh, Take Those Lips Away- John Fletcher.

Take, oh take those lips away

That so sweetly were forsworn

And those eyes, like break of day,

Lights that do mislead the morn;

But my kisses bring again,

Seals of love, though sealed in vain.

Hide, oh, hide those hills of snow,

Which thy frozen bosom bears,

On whose tops the pinks that grow

Are of those that April wears;

But first set my poor heart free,

Bound in those icy chains by thee. come wind come rain, via Flickr

Laat ek verduidelik,

Buite my venster is die wêreld te rustig om nou te versteur. Die nat geure van die tuin verfris my deur die gaping in my venster; net hier waar ek lê, oorval dié reuk my neus deur die perfekte briesie.

Ek het begin om te leer vir die Zoeloe toets wat ek Maandag skryf. Maar ngoMvulo is nog vêr van vandag af. Die woorde wat ek moet ken, wil ook nie aan my brein vasklou soos ander gedagtes nie. Graag sal ek eerder gedigte neer skryf, liedjies uit my kop uit leer, iemand verf. Ongelukkig sal hierdie nie die wêreld verander nie, en nog minder my help in die toets.

So ek sit maar op my bed, oortuig dink ek, ek sal enige oomblik begin leer. Dit duur al vanaf 10 uur …. dit is nou 14:30.

Wat die eintlike probleem is, is die pannekoek weer wat so wel as waar op ‘n Saterdag verskyn het. Die rustigheid van die wêreld laat my terugdink aan naweke in Grahamstad. Enige klein dorpie seker, maar veral Grahamstad.

Saterdae was gekenmerk met leë eetsale, nat dae wat enige avontuur wat dalk beplan was helemal vernietig en ‘n dik heimwee wat laag hang in die koshuis gange. Inwoners het gestap deur verlate poelietjies water, iewers het ‘n weeshond geblaf,  studente het in kamers vergaan onder werk, maar eintlik net onwettig films op hulle rekenaars afgelaai.

Wat ek verkies het om te doen op hierdie dae was om my werk vinnig in die oggend klaar te maak, ‘n boek of poësie te gryp en ‘n koffie te gaan drink net buite die botaniese tuine. Selfs daar was dit stil. Al wie die koffiewinkel besoek het, was voormalige skrywers wat hulle verbeeldinge oefen deur boeke in hoeke te sit en lees terwyl  hulle die koue verdoof met ‘n oordoses kafeïen.

Dié koue is troosend- veel meer as die hitte van bloedige dae in die Oos Kaap. Die paradoksale temperatuur van ‘n warm bed en ‘n koue windjie is juis wat my vandag so herinner.

Nou verstaan ek Eliot.

Winter kept us warm, covering

Earth in forgetful snow, feeding

A little life…

Ek het nooit, in my eerstejaarsdae, vir God gevra om vir my ‘n hart vir Grahamstad te gee nie. Eers toe hy my wense nakom en toelaat dat ek trek, het Hy my die werklike mooi gewys.

Daarvoor, en vir dae soos vandag vol herinnering, sal ek nooit jammer wees nie.

Advertisements

2 thoughts on “Pannekoek weer op ‘n Saterdag

  1. Jou heel eerste sin het al vir my GOED geklink.
    Dankie, Lekker gelees.
    En terloops, hoekom uit die bed klim as dit nie nodig is nie? 🙂 Veral op ‘n Saterdag?

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s