Spekulaas en Sinter Klaas


As jy Nederlands is, en hierdie blog gevind het op een of ander manier….

Het is niet Nederlands.

Maar mijn voorouders is.

Hoekom so vroeg op ‘n Saterdag moet ek so hoog praat? Want ek het nou net Moreleta Park se Superspar gevind.

Dinsdag sluit ons die tragiese Nederlandse module vir my tweede jaar af. Wat anders kan ‘n handjievol taal studente doen as om ‘n vuurige koek en tee party te hê? Dus was daar besluit dat elk ‘n lekker Hollandse eet-dingetjie klas toe moet bring, verkieslik nie die Heineken bier nie, maar as dit al is wat jy in die hande kon kry, sal niemand kla nie.

My ma is ‘n baas-bakster en sal enige boere-vrou op Koekedoor wegbak met haar Franse koeke. Geïnspireer deur haar lieflike kombuis geure, was my eerste genetiese instink om Amsterdammertjies te bak.

“Amsterdammertjies?” vra die onopgevoede en ongekultuurde leser aan die geesdriftige student.

…Amsterdammertjies

Maar, die goedkoop pan wat ek gedink het ‘n absolute winskopie is, het begin roes. My stoof is ook die grote van ‘n mikrogolf.

Het zal niet werken!

Ek het ook nie ‘n resep nie. En as ek gehad het, sou dit nie die selfde as Edenvale se De Bakery s’n gewees het nie.

So pak ek toe die Superspar as laaste opsie aan. Voor my uiteengesit in netjies rye, was rakke en rakke vol ingevoerde produkte. Net daar op die eindpunt vind ek die eerste Nederlandse happies: drop.

“Drop?” sug jy alweer hopeloos.

Drop, liewe leser, is ‘n tipe liquorice wat deur een of ander siel met ekstra sout gemaak is. Die enigste konklusie wat ek kan indink oor die naam, is die aksie wat mens verrig wanneer jy dit die eerste keer… en tweede keer in jou mond plaas. (lees gerus die link vir verdere inligting oor die sadistiese produk)

Maar eet gerus ‘n een of twee happies. Jy sal baie vinnig jou Afrikaanse kultuur bo jou Nederlandse kultuur waardeer.

Buiten die drop, vind ek ‘n pakkie harde malva-lekkers wat in die vorm van Sinterklaas is. Sinterklaar is die inspirasie agter ons Santa Claus, en vervang kersfees in Nederland (soos wat ek kan aflei).

Sinterklaas en sy Zwarte Piet helpers (Maar ons is die land vol rasisme)

Ek het ook, interesant genoeg, ‘n pakkie spekulaas koekies ontdek. Nou as jy nie in Suid Afrika groot geword het nie, ‘n boere ouma gehad het nie, en helemal jou kultuur verlaat het:

Spekulaas.

Daar is geen verdere punt aan my verhaal nie. Geen morele les of lieflike prentjie wat ek vir jou kan skets nie. Behalwe die gedagte dat ek op Dinsdag my vet gaan vreet aan Hollandse kosse, moontlik dronk op kampus rondloop, en ‘n avontuurlustige Nederlandse dansie doen.

Tot Straks mijn lesers, tot straks.

Oh, hier is ook ‘n liedjie vir die lekker daarvan

Advertisements

5 thoughts on “Spekulaas en Sinter Klaas

  1. Wat het jy toe gekry om saam te vat? Drop, spekulaas? Wat van bokkepootjes? Ook bolletjes se beskuit!
    Ek het nou lekker hier gelees. Hier het hul n Intenasionale afdelinkie en supermarkte. Hul verkoop daar n klein versamelinkie van verskillende lande se spesiale eetgoed. Vir SA bv: Iron brew, tennis beskuitjies, marie beskuitjies, Springbok mieliemeel(wat nie my geliefde een is nie) niknaks, peppermint crisp….

    Like

    1. ooh dit klink asof dit net kan vet maak 🙂 Ek het net die spekulaas en Sinterklaas skuimpies gevat. Van die ander studente het stroopwafels, drop en en spekulaas smeer gekoop. Vreeslik lekker geeet.

      Like

  2. Ek is ook Afrikaans met Nederlandse bloed 🙂
    My oupas en oumas (aan albei kante ) het so in die 1950’s SA toe gekom.
    Daar is naby Hartbeespoortdam so oulike winkel, Jasmyn, waar hulle ook drop en spekulaas en allerhande lekkergoed verkoop.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s