Month: June 2015

Waar loop die tyd met ons heen?

Nee, nostalgie en lirieke is nie die hoof tema van hierdie verhaal nie. Maar ek is op vakansie, en die weke, dae, minute en sekondes sweef weg in ‘n al te iriterende tuisterende hadida manier. Ek vind ook geen blogs met goeie idees om op te hou uitstel nie. Of hoe om my lewe te beplan nie. Of hoe om suksesvol te wees nie. Of hoe om weer te begin oefen by die huis, sonder ‘n gym nie terwyl daar ‘n  aanlokende stuk sjokolade en amandel koek is wat voor jou staan en ouer word by die dag.

So, ek wend ‘n poging aan om vir my ‘n lysie te maak vol nuwe, innoverende idees om my lewe te organiseer. Volgende semester pak ek ‘n hele paar takies bo-op die ou takies aan, en organisasie is ‘n moet!

Kom, kom, kom WordPress lesers. Met julle getrouheid kan ons hierdie TV-kykery oorwin!

Japan, Sakura, Kimono, Origami, Chiyogami, Flower, Round Stickers

Nommer een

Vrye Maandag

Vrye Maandag is ‘n oop dag om jou week te begin om al die iriterende werkies gedoen te kry. Daarom is daar geen afsprake wat bygelas word aan jou dag nie en al jou tyd word spandeer om op te vang met uitgestelde werk, of om vooruit te werk.

CUSTOMIZABLE!!! Magnolia Flower Watercolor Art Round Stickers. GET IT HERE http://www.zazzle.com/magnolia_flower_watercolor_art_multi_sticker-217104010390624409

Nommer twee

Merk belangrike datums en tye.

Kry ‘n handige dagboek waarin daar genoeg spasie is vir spesifieke tye en genoeg spasie by elke datum. Hoe meer spesifiek jy jou take in verskillende tye indeel, hoe meer produktief sal jy dit nakom.

Hierdie takie is goed om aan die begin van elke maand, week en dag te doen. So kan jy voorkom dat daardie een datum of tydjie jou ontglip! Ek spandeer gewoonlik ‘n paar minute voor ek gaan slaap om ‘n lysie vir die volgende dag se take op te skryf en in tyd afdelings in te deel.

Moet net nie jouself ooreis nie!

Onthou jy is net een mens en jy het ongelukkig net soveel tyd in ‘n dag! As jy weet die taak gaan langer neem as wat jy daarvoor bereken het, skuif dit na ‘n dag toe waar jy meer tyd het (soos jou wonderlike vrye Maandae).

Japan, Sakura, Kimono, Origami, Chiyogami, Flower, Round Stickers

Nommer drie

Merk ander aktiwiteite.

Die kleiner takies is ook belangrik om in jou daaglikse lewe in te werk. Ek vind as ek nie genoeg tyd spandeer aan wat my belangstel nie, trek my brein in ‘n bolletjie in en kan ‘n paar uur op Facebook maklik verby gaan. ONPRODUKTIEF! (ons wil dit nie hê nie, kinders.)

Soms help dit om ook bietjie vroeër op te staan en vroeër te gaan slaap. Oggende is vir my meer rustig omdat ek minder klas draf, maar as jy ‘n nagapie is, skeduleer jou slaap patroon volgens jou.  En hou daarby! Dit help nie jy verander elke paar dae jou slaap patroon nie, jy put net jou eie brein uit!

CUSTOMIZABLE!!! Magnolia Flower Watercolor Art Round Stickers. GET IT HERE http://www.zazzle.com/magnolia_flower_watercolor_art_multi_sticker-217104010390624409

Nommer vier

My brein is klaar effens moeg om al hierdie te lees. So hier is ‘n kort pouse tot ons verder beplan hoe om te beplan:

Japan, Sakura, Kimono, Origami, Chiyogami, Flower, Round Stickers

Nommer vyf

Beplan inkopies!

Noodbelangrik! Juis omdat niemand daarvan hou om oorskiet sop en ‘n harde broodjie te eet nie. Maak ‘n lysie elke Sondag aand om jou ten minste ‘n ruglyn te gee vir aandete en middagetes. Beplan jou etes volgens jou dae- omdat jy weet jy op, bv. ‘n Woensdag eers 13:00 kan eet, pak ‘n ekstra appel of twee in om die maagkrampe gedurende ‘n uiteensetting van Shakespeare se Romantiese styl te voorkom!

CUSTOMIZABLE!!! Magnolia Flower Watercolor Art Round Stickers. GET IT HERE http://www.zazzle.com/magnolia_flower_watercolor_art_multi_sticker-217104010390624409

Nommer ses

GYM!

of oefen. of draf.

enige iets solank jou rolletjies ‘n bietjie skud-kans kry! Ek voel baie meer produktief wanneer ek weet ek het 45min van totale adrenalien en sweet agter die rug.

Japan, Sakura, Kimono, Origami, Chiyogami, Flower, Round Stickers

Nommer sewe

BLAAS KANS!

‘n Week moet ‘n ontspanningssessie aan die einde hê. As jy dink jy gaan kan werk ‘n Vrydag middag en aand… dink weer. Ek weet ek het altyd isolasie sindroom as ek besluit om by die huis te bly, alleen. En ek werk nooit nie.

Gaan kyk gerus ‘n fliek, drink ‘n wyntjie saam ‘n vriendin of gaan kyk die Opera!

Jou lewe is baie lekkerder as jy weet daar is iets aan die einde van die week wat nie nutteloos is nie, maar wat nog vir jou wag en jou sal laat ontspan.

Lekker Vrydag môre! Hoop om julle by ‘n film raak te loop!

Advertisements

Opera

Daar is ‘n geheime teater wat gekoester tussen twee kuierplekke lê in Brooklyn. Op oogslag is dit ‘n eenvoudige baksteengebou met ‘n eienaardige rooi tapyt wat jou binne wink. Maar voor jy aan die magiese glasdeure kan klop, swaai die deure oop en gesigte glimlag ‘n welkom terwyl jy tussen die stroom van mense se stemme in beweeg.

Sometimes I would press my ear against my cello so I could hear... to make sure I was hitting the right note... this view draws me into that place

Die voorportaal herinner aan romantiese sitkamers waar families bymekaar kom na jare van skeiding. Met banke en tafels omring elke voornemende toeskouer jou. In jou onderbewussyn vul die kamer met ‘n hartstogtelike handeklap wat jou gelukwens met jou aankoms en ontdekking van die versteekte kunspunt.

Elegante kelkies wyn word met tuit mondjies geproe-proe deur ooms en tannies wat uitgevat is in hulle beste aanddrag. Almal is in ‘n wals van hereniging en met die gelui van ‘n klok trap elkeen op die maat van sy beurt binne in die teater in.

Voor jou ontvou rooi gordyne, ‘n skitterende vleuelklavier met ‘n bass wat, soos ‘n vrou op haar sy lê en wag vir ‘n Michelangelo om haar te verf, op die verhoog staan in afwagting. Voor my sit ‘n paartjie wat destyds al getrou het en saam-saam verlief geraak het op musiek. Die man praat effens Italiaans om sy vroutjie te vlei met die vloei van sy onbekende woorde. Die tydelike familie se stemme weerklink deur die auditorium in opgewonde, met ‘n kind wat êrens al self begin sing het.

Voor onrus in kan skuifel by die deur, vlieg die seremoniemeester uit die kante van die verhoog uit en vergesel ons met die aand se program. Net soos hy verdwyn trippel ‘n kort oom tot voor, gee ‘n nederige buig voor ons en skuifel tot voor die klavier in. Volgende betree die basspeler die verhoog, sy hare val oor sy oë soos die van ‘n musikale genie. Soos ballerinas stap die viool, fluit en tjellospelers in en neem hulle plekke. Note ontroer uit elke instrument soos hulle ingestel word en opgewondenheid kriewel deur elk se lyf.

Die kort mannetjie met sy swart pak wat oor die klavier leuen, knik sy kop stadig en met ‘n trek van lekker-kry neem die klavier en viool ‘n melodie oor wat die instrumente in harmonie die aand ontbied. Note van nostalgie neem elke deelnemer van diè wonderwerk na ‘n persoonlike hemel. Die paartjie voor my neem hande, kyk in woordelose ongeloof na die orkes wat hulle terug neem na laat aande in die strate van vreemde lande.

Ek sluit my oë en stap in die voorportaal van ‘n kasteel in. Fluit- en basuinblasers begin speel soos ek in die eetkamer in loop met ‘n oneindige tafel wat voor my uitstrek. Op die tafel is brode, kaas, wyn en vrugte. Kinders dans al om die tafel in walsies. Die eetkamer is geleë in ‘n straat van Venesië met Afrika se nagruim as plafon. Kleurryke familie sit om die tafel. Almal praat, drink en eet saam en reg in die middel sit ‘n Hebreeuse man en glimlag vir my, trek ‘n stoel langs hom uit, wink my nader en gooi ‘n kelkie wyn vir my in.

Intelligence--Do You Need it to be Successful?

‘n Vrou aangetrek in goue satyn loop oor die verhoog en in ‘n oomblik van melismatiek loop haar sopraan stem in een met die tenoor van die opera sanger wat intussen begin sing het.

Nog ‘n nagmaal op musiek, vra ek dan. Nog ‘n nagmaal.

Met ‘n melodie

Gisteraand het die maan in al sy heerlikheid gekom om my te stroop van al my vrees.

Vandag het die wind oor my kom waai, die gefluit van ‘n siel gebring en my ontrafel.

Ek staan bloot voor my God. Geen masker, geen liggaam kan my hart van Hom skuil nie.

Hy het my ontrafel met sy melodie.

Sy liefde word in ‘n genade-oomblik op aarde vir ons kom wys met ‘n huwelik. Sy geskenk van lewe word aan ons voorgestel met ‘n babatjie se eerste snak na asem.

my Vriend, my Pa, my God.

Ek is die kind,en U die wind.