Opera


Daar is ‘n geheime teater wat gekoester tussen twee kuierplekke lê in Brooklyn. Op oogslag is dit ‘n eenvoudige baksteengebou met ‘n eienaardige rooi tapyt wat jou binne wink. Maar voor jy aan die magiese glasdeure kan klop, swaai die deure oop en gesigte glimlag ‘n welkom terwyl jy tussen die stroom van mense se stemme in beweeg.

Sometimes I would press my ear against my cello so I could hear... to make sure I was hitting the right note... this view draws me into that place

Die voorportaal herinner aan romantiese sitkamers waar families bymekaar kom na jare van skeiding. Met banke en tafels omring elke voornemende toeskouer jou. In jou onderbewussyn vul die kamer met ‘n hartstogtelike handeklap wat jou gelukwens met jou aankoms en ontdekking van die versteekte kunspunt.

Elegante kelkies wyn word met tuit mondjies geproe-proe deur ooms en tannies wat uitgevat is in hulle beste aanddrag. Almal is in ‘n wals van hereniging en met die gelui van ‘n klok trap elkeen op die maat van sy beurt binne in die teater in.

Voor jou ontvou rooi gordyne, ‘n skitterende vleuelklavier met ‘n bass wat, soos ‘n vrou op haar sy lê en wag vir ‘n Michelangelo om haar te verf, op die verhoog staan in afwagting. Voor my sit ‘n paartjie wat destyds al getrou het en saam-saam verlief geraak het op musiek. Die man praat effens Italiaans om sy vroutjie te vlei met die vloei van sy onbekende woorde. Die tydelike familie se stemme weerklink deur die auditorium in opgewonde, met ‘n kind wat êrens al self begin sing het.

Voor onrus in kan skuifel by die deur, vlieg die seremoniemeester uit die kante van die verhoog uit en vergesel ons met die aand se program. Net soos hy verdwyn trippel ‘n kort oom tot voor, gee ‘n nederige buig voor ons en skuifel tot voor die klavier in. Volgende betree die basspeler die verhoog, sy hare val oor sy oë soos die van ‘n musikale genie. Soos ballerinas stap die viool, fluit en tjellospelers in en neem hulle plekke. Note ontroer uit elke instrument soos hulle ingestel word en opgewondenheid kriewel deur elk se lyf.

Die kort mannetjie met sy swart pak wat oor die klavier leuen, knik sy kop stadig en met ‘n trek van lekker-kry neem die klavier en viool ‘n melodie oor wat die instrumente in harmonie die aand ontbied. Note van nostalgie neem elke deelnemer van diè wonderwerk na ‘n persoonlike hemel. Die paartjie voor my neem hande, kyk in woordelose ongeloof na die orkes wat hulle terug neem na laat aande in die strate van vreemde lande.

Ek sluit my oë en stap in die voorportaal van ‘n kasteel in. Fluit- en basuinblasers begin speel soos ek in die eetkamer in loop met ‘n oneindige tafel wat voor my uitstrek. Op die tafel is brode, kaas, wyn en vrugte. Kinders dans al om die tafel in walsies. Die eetkamer is geleë in ‘n straat van Venesië met Afrika se nagruim as plafon. Kleurryke familie sit om die tafel. Almal praat, drink en eet saam en reg in die middel sit ‘n Hebreeuse man en glimlag vir my, trek ‘n stoel langs hom uit, wink my nader en gooi ‘n kelkie wyn vir my in.

Intelligence--Do You Need it to be Successful?

‘n Vrou aangetrek in goue satyn loop oor die verhoog en in ‘n oomblik van melismatiek loop haar sopraan stem in een met die tenoor van die opera sanger wat intussen begin sing het.

Nog ‘n nagmaal op musiek, vra ek dan. Nog ‘n nagmaal.

Advertisements

One thought on “Opera

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s