Vere


My handige Verklarende Woordeboek was weer uitspattig voorbeeldig om vir my vere te definieer.

Soos gewoonlik dink ek die boek het my van die môrester af dopgehou en so in die nagtelikheid woorde geskommel om my emosie vir die dag te beskryf.

Na ‘n hewige Maandag met twee semestertoetse en ‘n analitise opstel oor die natuur van weghardloop, moet ek vere laat.

Weens al hierdie vere wat ek gelaat het, kon ek nie uit my vere uit kom nie. Na ‘n lang gestoei met daglig, drome en bewussyn het ek wel opgehou om in my vere te lê. Ek het opgestaan en aangegaan. Nagkleding aan het ek maar kiwi-vrugte gesit en eet en die lug vermy.

Ek het my somersrokkies aangepas om so lig soos ‘n veer te voel. So baie soos wat ek ‘n veer voel, het Pretoria, die universiteit en my mede-generasie lede die aangename aansien dat die vere ‘n voël maak.

Met my al té melangoliese en eentonige stappie het ek begin nadink oor hierdie aansien. Die geneigdheid om mekaar in die vere te sit, is nie ‘n karaktereienskap wat onder ons selfstandige generasie hoort nie. Tog is daar hierdie selfbewusheid waar elke mens ‘n narratief vir homself probeer skep en pronk met ‘n anderman se vere. 

Generasie! Jy is dan alleenlik jouself. ‘n Voëlvrye wese wat nie vere van ‘n skilpad kan pluk nie.

My kreet in die oneindige blou in is dus: wees gerus in jouself, jou medemens en die wêreld waarin jy loop.

Indien hierdie nie vir jou, liewe leser, ‘n veer in jou hoed is nie,

wees gerus dat ek môre vroeg uit die vere sal wees, en nie weer jou sal pla met my langdradige idiome nie.

Veeragtige aand verder.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s