Month: October 2015

Scaling equality

There was nothing. But everything is happening. The chaos is only anticipated and we are ready. Security is ready. The extra police forces are ready. The students are ready. The dean is ready. Mr. Blade thinks he is ready. Are you ready?

The sweet scent of fallen Jacaranda flowers mockingly fills campus. I sneeze. No one tramples the flowers except the big mass groups trying to discuss politics like grown-ups. We are all so young.

They too were young. They were only highschool scholars marching against oppressive language. They have grown. They are students marching against oppressive money.

My friend was beaten by protesters today. His car was overturned. His brain beaten with a brick.

Brain for learning. Bricks for building.

Fiery future fathers jumping on men. Up and down. A freedom dance.

He was upset about the silence of his poverty. I was upset about the silencing of my friend’s life.

But I am for this.

I too will benefit from this.

I too want the silence of greedy men.

I too want forgiveness.

I have these:

I am born free in equality:

and with dignity

I have a nationality.

But I am not a slave.

I am:

a person before law

protected by law,

I am:

entitled to think and speak

entitled to be heard

entitled to life

– allowed education.

There are thirty of these “I am’s” that don’t make me any more a person than it does the person without the “I am’s”.

Human Rights for equality. Did the package of equality come with a scale? I want a refund.

Equality as a rotten fish before hungry souls. Dangling on a hook it waits for the bite. The fat cats lying on the graves of our men.

Is this a game where we scale up? One “I am” down, two “I am’s” to go.

More of a person.

I need you to tell me I am a person. Just like you are a person. We are people. This is what we do.

We am

Advertisements

Die druk van handskud

Outrospection
live from the outside looking on (Kunstenaar: Daniel Ramosobregon)

Die gesegde lees dat die eerste indruk die belangrikste indruk is. Daarom wil ek vandag oor die dilemma van die handdruk praat.

Tussen man en vrou is daar ‘n wêreld se verskil in hoe elk moet trap om die korrekte handdruk te gee:

Dames word verwag om ‘n handjie vlyend en fyn aan te bied vir die heer. Die heer sal dan hierdie pap vingertjies saggies optel, haar in die oë kyk en daarop besluit of hierdie hand ’n trou-hand is.

“Sal hierdie hand eendag my kinders kan voed?”

“Is hierdie hand die hand wat my ná ‘n lang dag gerus kan stel en my kos kan uitlê?”

Here word weer verwag om ’n hand sterk na vore te strek- gevolg deur ’n greep wat die sterkte van die man verklap. Hiérdie handdruk het een doel: om die dame se knieë lam te maak om te verseker dat dit ’n trou-hand is.

“Sal hierdie hand eendag my kinders kan voed deur harde werk?”

“Is hierdie hand geskik om my gerus te stel in tye van onsekerheid?”

Hierdie gids is ‘n ideale en wonderlike uiteensetting vir die dames en here wat opsoek is na ‘n lewensmaat.

Maar ek is twintig. En nie opsoek na ‘n lewensmaat nie.

Buiten die gebrek aan ‘n feëtjie-sag handdruk, steek ek sterk my hand na vore, neem die heer se hand in ’n standvastige greep vas, gee ’n saaklike skud en glimlag vriendelik voor ek sy hand laat gaan. Nog al die jare was ek oortuig dit is juis hierdie handdruk wat my ekonomiese vooruitgang sal verseker.

Toe ontstaan die probleem.

’n Paar dae gelede was ek weer besig om deur die handdruk roetine te gaan. Ons hande ontmoet en met dié dat ek begin skud, huiwer hy eweskielik, gee ’n vinnige druk van die hand en beweeg weg. Verskrik gluur hy my aan asof ek sy arm wou afbreek en sê vol manlike selfvertroue: “Dit is ’n handdruk nie ’n handskud nie.”

Danksy my Engelse opvoeding en feministiese trekkie verdedig ek myself met ’n vinnige “dit is ’n handshake, en net omdat jy ’n man is beteken nie jy weet meer van ’n handdruk as ek nie!”

Opgesom in ons dialoog vind ek toe die eenvoudige probleem tussen elke kultuur en geslag wat die ewigheid deurloop: ons groet nie dieselfde nie.

Natuurlik gaan iemand wat Engels praat jou dadelik as ’n papbroek aanskou as jy sy handjie koester met ’n ou drukkie. Terselfdetyd gaan jy, die Afrikaner, aanstoot vind as hy jou arm half afruk met ’n woeste geskud. Só sal daar ’n geweldige politieke katastrofe ontstaan as die Zoeloe deur wangsoen gegroet word eerder as die voldoene “Yebo, Sawubona.”

Waar sal ons dan die universele lyn trek? Moet ons ’n formaat uit een sit en teen advertensie borde opsit? Is die stereotipiese “Howzit bru” genoeg?

Of moet ons eerder ons kultuurtrots eenkant toe skuif en mekaar ontmoet soos dit húl betaam?

Watokal jy kies, mag dit een wees wat bó die vat-vyf strek- dít is immers só laasjaar.