Blindelings


 

February James - Blind Contour Line Drawing:
February James: Blind Contour line drawing

“Liefde is blind,” mompel die hulle negatief.

Met hierdie gedagte in my hart het ek nou die aand half deur die slaap die donker ingestaar en gefluister: “Ek wil nie blind wees nie.” Nog voor die heimwee van kommer oor my neer kon sak het ‘n stem deur my gedagtegang gevra: “My kind, hoekom nie?”

Alhoewel ek volkome ‘n mate van logika in verhoudings ondersteun, verstaan ek nou dat daar wel ‘n sekere blindheid ontstaan én noodsaaklik is in liefde.

As Christen is hierdie konsep die basis van my geloof: ek kan nie my God as fisieke figuur sien nie, al ervaar ek sy alomteenwoordige gees. Ek kan onmoontlik sy diversiteit en kante uitken en begryp of verstaan. Ek is dan blind in my liefde vir God.

God is ook blind in sy liefde vir my. Sy genade is ‘n testament van hierdie blindheid.

Hierdie geestelike en bo-natuurlike liefde is die basis van my identiteit en bestaan. Is dit dan nie natuurlik om só ook mense blindelings lief te hê nie?

Liefde is dan blind. Daarom aanvaar ek jou as mens; as blote mens wat ook sal val en struikel en kop sal stamp. Daarom aanvaar ek jou as vennoot om saam met my blindelings lief te hê en die verbrokkelde pad na ewigheid struikelend te stap.

Wat is ons nie as net die blind wat die blind lei nie?

Daarom sal ek vanaand half deur die slaap prewel: “Ek wil blind wees.”

Advertisements

3 thoughts on “Blindelings

Add yours

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: