Verouderd


toque-moderno-pinturas-renascentistas-zupi-6
Deur fotograaf en kunstenaar: Romina Ressia.

Die dag wat jy amptelik Groot Word, moet sekerlik ‘n dag wees wat aangeteken word in ‘n groot, leer boek in een van daai groot, glas geboue waar net grootmense werk. Daar sal miljoene bladsye wees volgens geboortedatum. Die wat vroeër in die jaar gebore word, word eerste groot. Die wat later in die jaar gebore word, word laaste groot. Natuurlik is dit nie parallel gemeet nie. Die jaar word nie in twee eweredige 6 maande verdeel nie. Dit is baie meer kompleks. Eers ná Augustus. Eintlik eers na September: daardie kinders word later groot.

Daar is ook selfs dán ‘n paar uitsonderings. Soms dink die mense wat verantwoordelik is vir hierdie Groot Word indeling, dat ‘n sekere kind die potensiaal het om vinniger groot te word. Dan word hulle toegelaat om deel te wees van die kinders wat vroeg Groot Word. Ander kinders is bietjie jonger, dan moet hulle eers later Groot Word. Anders sukkel hulle, jy sien.

Soos wat ek kan aflei is die besluiters van ons Groot Word,’n klomp mense. Seker die skoolhowe. Hulle is slim. En definitief die juffrouens. Hulle roep die mamma’s in en sê: “ek dink jou kind kan doen met nog ‘n jaar se oefening. Dan sal hulle Groot Word.”

Volgens my word die Groot Word gemeet volgens jou ouderdom. So dit is ‘n bietjie iets om oor skaam te wees wanneer ‘n juffrou vir jou sê jy gaan nou nie meer Groot Word op jou ouderdom nie, maar op die ander kinders se ouderdom. Dis nie altyd so regverdig nie, want partykeer voel jy groter as hulle maar jy mag nie wees nie.

Daar is ‘n paar ouderdomme wat Groot Word fases merk. Die een is 6 jaar oud. Want die volgende jaar gaan jy Groot Skool toe. Toe ek, byvoorbeeld, 6 geword het, kon ek voel hoe ek groei met elke tree wat ek geneem het. Ek het vroeg wakker geword, na my ouers se kamer toe gestap, en die gang waarin ek gestap het, het soos ‘n lang rooi tapyt in die hemel gevoel, waar al die engeltjies langs die kant gestaan en hande klap het. Ek het gevoel hoe ek sentimeters langer word.

Die ander een is 13. Seker omdat jy dan nou klaar is met Groot Skool. Dan gaan jy na nóg ‘n GROTER Skool. Graad 8. Net drie jaar daarna, op 16, is jy Baie Groot. Dan kan mens begin kyk in die koerante vir fliek-tye om flieks saam met jou ou, wat jy ook dan mag hê, te kyk. Maar die kinders wat nou eers later mag grootword, moet nog ‘n jaar wag. Ek dink hulle ouers word seker ingeroep as hulle skelm ou’e het.

Dan is als op een. 18, 20, 21, 25.

Op 18 moet jy begin reg maak vir Na Skool. Dis nie soos daai waar jy rondhardloop op die veld nie. Jy hardloop nog rond, maar die keer tussen klasse. In die Groot Skool moes jy netjies aan die linkerkant, stil en fluks loop. Op 20 is jy nie meer tiener nie. Op 21 is jy nou volwasse, sê hulle. Dan kan jy trou. En op 25 moet jy al werk, want anders is daar geen kans om volwasse te wees nie. Ek weet nie, werk is dan seker soos ‘n ander Groot Word. Een wat buite die ouderdom is, maar saam met hom gemeet word. 25 = werk. Anders gaan die juffrou ook jou Mamma in roep en sê jy kort nog oefening. Maar dan is dit meer as net ‘n jaar. Want soos dit vir my klink, is jy dan amper oud.

Op 30 moes jy al kinders hê, anders kan jy nooit weer nie.

Maar, ek is nie seker wanneer mens nou eintlik Groot Word nie. Mens word ‘volwasse’ maar ek dink dit het iets te doen met geld.

Dalk het Groot Word te doen met die dag wat jy deur die koerant blaai, opsoek na die fliek-tye, en besef die fliek-tye word al vir jare nie meer in die koerant gesit nie. Alles is nou aan lyn. Dan, wanneer jy so deur die koerant blaai en lees en verstaan van die grootmens goed, soos politiek, en die popkon en slushi mis, dan is jy groot.

So groot is mis. Groot is wanneer jy begin mis toe jy klein was.

 

Foto beskikbaar by: http://www.zupi.com.br/um-toque-moderno-em-pinturas-renascentistas/

 

Advertisements

2 thoughts on “Verouderd

  1. Dan is daar die ander groot word wat heel toevallig ook met ouderdom te paard gaan, mans en hulle mae byvoorbeeld. Mans se ma’s word seker ook groot maar dis te gevaarlik om my oor die grootwordproses van vroues uit te laat, nee hiier gaan dit oor die maag van ‘n man. PH Nortje het sub B die boekprys gekry vir beste akademiese prestasie in die klas. Hy sê dit was nie eintlik ‘n prestasie nie aangesien daar net 2 kinders in die klas was.. Ek het die naweek ‘n medalje gekry vir ‘n fietsry – nie eintlik prestasie want almla kry, inteendeel dit was ‘n boep-prys. O die groot word!!

    Aangename kennis Delia; het per ongeluk op jou blog afgekom en gaan weer kom krap. Hierbo oefen ek vir ‘n post wat ek aan werk en wat jou groot word my mee help.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s