Vir die wat nie kan kou nie


Maar toe weet ek nie so mooi nie, want miskien is die groen fizzer eintlik net iets om te sê ek moet nou mooi stil bly terwyl die grootseuns die werk doen. Ek moet daar sit met my Triomf boek, dou voor dag, en kyk: hier kom die nuwe Afrikaner nou. Hy dra vars gepolitoerde skoene, lemmetjie groen overalls en ‘n blink glimlag wat die son duister laat lyk.

Kultuur.

Tradisie.

Taal.

Al drie. Netjies op ‘n ry. Die beloofde land.

Toe dink ek, eintlik moet hulle versigtig wees met hulle beloftes, dit kan ‘n hele 40 jaar neem, en dan tree ons almal eintlik al af. Selfs na 40 jaar bly sommige mense maar sonder kultuur. Tradisies sal miskien weer verander het en weer terug verander het. En taal. Eintlik kan niemand van ons sê wat ons wil sê wanneer ons praat nie. Ons sukkel maar voort met ‘n klomp klanke en goed wat ons uitgorrel: Daar. Daar is my emosies nou, soos jy kan sien met die gebruik van die ‘k’ en ‘g’ klanke wat almal straf is vir die tong.

Toe verstaan hy nog nie. Hy oorhandig hierdie groen fizzer asof dit die Bybel verteenwoordig. Daarop staan die lese van die Lewe: Christelike waardes is waarvoor ons veg! Trots Afrikaans! Hier gaan ons nou! Reg voor jou oë omskep ons hierdie Torings van Babel waarin ons almal moet klas hê in plase in wat net Van Wyk Louw sal kan beskryf!

En daar, in fynskrif, as jy mooi lees, en as jy ‘n sonbril dra om die skynheilige glimlag bietjie te verdoof, dan sien jy dit: wit en bevoorreg.

Advertisements

2 thoughts on “Vir die wat nie kan kou nie

  1. Ek bly in die effe vriendeliker Kaapstad. Slaapstad, as dit kom by besigheid. Soms vergaap ek my aan binnelanders wat met so ‘n wit entitlement kom vakansie hou. Asof hulle kaart en transport het op Suid Afrika (Edms) Bpk. Eksklusiewe volksbesit. Dan is hulle tog so gesteld op hulle belangrikheid. Hoop net hulle leer soos ons locals om biki te chill. Leef en laat leef. Eet ‘n roomys. Ruik aan ‘n roos. Stap langs die see, as jy nou een het. Of sommer in ‘n mielieland. Drink koffie, groet die kelner of karwag met ‘n “mhoro, shamwari, masekwera sé”. Sien die vriendelike ry tande. Chill net. Ons het nog ‘n dag om te lewe. En almal bloei rooi, al is die fizzers enige kleur. Toe skree die bloubulman met sy Boere-makarapa, daai met die wit horings, vir my enmy vrou: “Jou ma se e-pos” of iets dergeliks. En ek dink by myself, hoe eenders is anders wees tog nie?

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s