Na die reën


Liewe Ouma,

Die diens is môre. Ja, op ‘n Saterdag in die klein, wit kerkie op Marken met die rooi grond waardeer jy net nou die dag sleepvoet geloop het. Die doringbome en die gras en die blou lug met die bedompige hitte is so swaar soos my hart vandag.

In die gange van die departement vra mense my of jy siek was, oud was en of ek dit verwag het. Selfs al het ek dit verwag sou dit nie dié swaar kon verminder nie. Nee, dit is nie beter so nie.

So ruk terug het jy, handjies kriewelend en gevou op jou skoot, vir my gesê dat jy reg is om te gaan. “Die lewe word nou ‘n gesukkel.” Jy het later vir my verhale uit jou jeug vertel: hoe jy ook op die naat van jou rug gelê en boek lees het; hoe jy Oupa ontmoet het, met sy rooi roos in die hand. Julle was die destydse Blind Date wat oor die skakelbord se lyn ontmoet het.

Ek is opsoek na jou hande wat my môre in die kerk sal streel, gepaard met die mondjie wat stout glimlag en die ogies wat groot-oog staar – asof lus vir avontuur. Die kombuis is leeg en die stoof is af en die ketel kook nie. Nie eers die yskas kalk meer op nie. Jou lipstiffie se reuk is weg en daar is nie ‘n refleksie in die spieël wat torring aan hare krul nie.

Daar is nie ‘n liedjie of gedig of skets of blom of enige ding in die wêreld wat presies kan simboliseer wat Ouma alles was nie. Ek het so halwe opgewondenheid om vir Ouma en Oupa te gaan kuier op Marken met die hele familie saam dié naweek. Dan onthou ek weer dat die sitkamer en die stoel leeg gaan wees. Daar gaan nie meer ‘n geroep wees na “Ben” oor middagete nie. Geen geklop aan oom Deon se deur Sondag nie. Net ons en die huis en die lewe.

Dit reën so treurig in Gauteng vandat ek uitgevind het. Toe Pa my bel en sê, met so halwe huil stem, “Ek het slegte nuus, my ding,”  was die afwagting nooit dat dit jý sou wees nie. Ek het net nog Saterdag gedroom oor Ouma wat in die kombuis in stap. Al die Smit-vrouens om die tafel. Ouma se gesig was skoon en nuut en glinsterend. Jy’t vir Oupa geroep en met hom gepraat oor die foon. Toe sit ek jou in die bed.

Dankie vir die ‘nag-sê’ voor die gaan. Ouma was sowaar die beste Ouma waarvoor ‘n kleinkind kon vra.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s