Vrou op gras


Die son span hoog oor kampus. Meeste mense wie vandag besluit het om swart te dra (ter nagedagtenis van wat?) sukkel klaend voort met sweterige lywe en bedompige hoofpyne.

Ek draf-stap terug van die administrasiegebou: ‘n nietigende einde van papierwerk wat uitstaande is of dít of dát. Universiteite vind maar altyd iets kort. Maar eintlik is my Maandag nie te blou nie, en ek kry als wat ek beplan het, min of meer gedoen. Ek is oppad koffiewinkel toe: “net ‘n kleintjie, dis Maandag,” stel ek my beursie gerus.

In my stappie val my oog op ‘n ma. Sy het ‘n mamma-lyf, rond en sag met ‘n losserige rok wat oor die gras val soos sy plat onder ‘n boom sit; voete voor haar uitgespan.

Op haar skoot lê haar seuntjie saggies en drink aan haar. Sy skroom nie. Sy sit net so rustig, baba op die skoot, en gee vir hom haarself. Haar bors is styfgespan van volheid: soos die son op ‘n oop dag terwyl Johannesburg groet. Ek moes seker nie kyk nie. Miskien my kop wegdraai in eerbied. Maar dit was so mooi. So rustig. So natuurlik.

Dit terwyl ek my kop vol teorieë het oor die Afrika en Westerse leierskapsmetodes: moet ons nie maar Afrika omhels nie? Moet ons nie maar op ons knieë val en sê: “Ons het jou vir so lank eenkant toe geskuif, ‘n weeskind gemaak en neergekyk op jou” nie? Maar jý is die antwoord. Die moeder. Die een wat ons sal kan leer hoe om te dink vir die gemeenskap en nie net vir onsself nie. Nie net vir individualisme, of kapitalistiese gretigheid nie. Vir mekaar.”

Moet ons nie maar ook drink van die moedersmelk van Afrika nie?

Advertisements

One thought on “Vrou op gras

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s