Herevalueer


Ons het gister Krotoa gaan kyk.

“Die narratief, kind, die narratief! Die idee agter die film- nie die akteurs wat soms spel verloor of die taal wat nie lekker pas nie- die idee” seg ons studente-groepie na die tyd aan mekaar en trippel huis toe met magies vol springmielies.

Krotoa spook nog by mens soos haar ou liggie dobberend spook op die see net voor sy op Robben Eiland beland. Die Khoi-prinses wat met haar bokvelle hier voor die Afrikaanse gehoor geskiedenis uitdaag en ons hedendaagse opvattings oor die hele Land Restitution debakel kom bevraagteken.

“Ons besit nie die land nie, ons is van die land” – so iets lui Krotoa aan Harry die Strandloper wat reg is om Van Riebeeck te vermoor. Mens kry so lekker laaste vuis-in-die-maag wanneer die film ter nagedagte herinner dat daar ook bekende afstamelinge van Krotoa se kinders is, onder andere FW de Klerk en Paul Kruger. Wie besit nou werklik die land in Suid-Afrika? Wie se reg is dit om hier te woon, te boer, te plant en te bewerk? Nee niemand sin nie. Niemand se reg nie, want die land behoort aan haarself. Mens kan Krotoa verkrag en haar opdollie in Nederlandse rokke en Afrikaans leer, maar sy bly ‘n vry vrou wat is op haar eie. Ons kan Suid-Afrika verkrag en haar opdollie in reënboognasies en haar 11 amptelike tale leer, maar sy bly ‘n vry vrou wat is op haar eie.

Die hele fliek-besigheid is maar tipies Afrikaans. Maria, Van Riebeeck se vrou en ou Jan van Riebeeck self is nie baie oortuigend vertolk nie. Ek twyfel sterk hy was so medemenslike man, net soos ek twyfel dat Krotoa se huwelik met ‘n Nederlander so sprokiesagtig begin het. Deon Lotz is ook maar net Deon Lotz.

En tog bly Krotoa mens by. Miskien omdat sy so bietjie van ons almal is: ‘n tolk wat probeer om (verskeie) beskawings te verenig. Mag haar lewe nie ‘n vooruitsig wees van ons lewens nie, maar mag haar lewe ons herinner aan ons eie demokratiese plig. Nie die flou kruisie langs die naam elke 4 jaar nie, maar die stem vir die stemloses. Die brug. Die Krotoa.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s