Die huis van die dooies


Die werf is stil. Die blou hek is gesluit. Saans huil die jakkalse. Soggens kriek die sprinkane as mens deur die gras stap. Die yskas kreun nog sy gekalkte klaagsang, maar daar is niemand meer oor om te luister nie. Die werkswinkel se hout word stadig opgevreet. Die spinnekoppe word nie meer versteur nie. Die muise huisves in die oorblywende mandjies.

In die lessenaar se laai staan daar nog B.S loves S.S. in ‘n hartjie toegevou. Onder sokkies weggesteek rus die briefies wat sê “Welkom terug in ons kooi” of “Ek het vandag jou oorskot gekry. Dankie vir jou geduld”. In elke boks wat nog nooit uitgepak was nie, is daar boekies en boekies vol aantekeninge oor wie hy was, oor die rekeninge, die voorvalle, die insidente, die vakansies en toere. In elke kas wat nog nooit gebruik kon word vir klere nie, lê daar bokse vol stof met geliefde patrone, verf, weefwerk, resepte. Die léwe is nog teenwoordig.

Nou skyn die son deur die wag-‘n-bietjie boom. Die laaste jaarlemoene val van volheid op die grond en trek die takke krom. Die suurlemoene is vol plooie en géél. Ons pak op, Ouma en Oupa. Terwyl julle skaterlag soos ons afkom op die ou gom, die joghurt bakkies en oer-oue, klipharde verf, treur ons oor dit wat nou gegroet het. Julle lág vir die gierige kopers van die huis wat mens nie ásem gee nie. Net die kat kom rol nog in die rooi sand. Net ‘n enkele voëltjie kom skril ons die herinnering in. Ek sê weer: Re tla bonana gape, Oupa Ben en Ouma Santa Smit.

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s