Die outeur

Ek het hierdie blog begin êrens in my eerstejaar op Rhodes Universiteit in Grahamstad. Die verhale is gedeeltelik begin uit ‘n verlange vir Afrikaans in ‘n Engelse dorp, gedeeltelik uit ‘n verlange na onskuldige hoërskool dae, en ag omdat almal dit gedoen het.

Dit het vanaf 2014 meer as net ‘n hinkering na nostalgie geword. Op hierdie platform het ek begin leer om my kennis oor tale en menslikheid neer te pen, oor hoe om oor literatuur te skryf en verbande tussen kennis en alledaagse lewe te trek. Ek het begin leer om nie vir almal se opinies te luister nie, en veral nie om te stress oor die paar spelfoute wat ek aanhoudend maak nie. Want tot ek ‘n Afrikaanse spellcheck ontwikkel sal dit so foutief bly soos dit is.

Ek hoop my verhale gee jou moed, of heimwee, of ten minste ‘n lekker laggie (al is dit ook net vir die spelling).

Lekker lees en laat weet graag wat jy daarvan dink,

Delia